Die Heidebergse prokureur wat daarvan beskuldig word dat hy glo ʼn 13-jarige meisie verkrag het en by haar ma wou koop, sê hy was onder die indruk dat sy 19 jaar oud was.

Maroela Media berig dit is volgens 35-jarige Callie Schoeman se pleitverduideliking wat in die hofrekord in die rondgaande hooggeregshof in Palm Ridge ingelees is.

Schoeman staan saam met die meisie se ma in dié hof op meer as 70 aanklagte wat insluit verkragting, die handel van kinders, die besit en vervaardiging van kinderpornografie, die seksuele uitbuiting van ‘n minderjarige asook kindermishandeling tereg.

Schoeman het reeds onskuldig op al die aanklagte teen hom gepleit, en het glo eers besef die meisie is minderjarig toe haar ouma by hom geëis het om die meisie terug te besorg.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×