Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het kennis geneem van ‘n video wat beweerde voorkeurbehandeling en begunstiging uitbeeld.

In die video word die omstrede diamanthandelaar, Louis Liebenberg, wat tans in polisie-aanhouding is, fisiese kontak met sy vrou, Dezzi Liebenberg, toegelaat.

Luidens ‘n kennisgewing van die SAPD word dit nie toegelaat nie en is hulle besig om die voorval te ondersoek. Interne prosesse is ook teen die betrokke lede aan die gang.

Dezzi se saak is ondersoek om te verseker dat die inhoud nie vir ‘n ontsnapping gebruik kan word nie, asook dat die inhoud nie die lewens van ander in gevaar stel nie.

Die feit dat ‘n video van verdagtes en beskuldigdes geneem is, is ook volgens die SAPD kommerwekkend aangesien dit die POPI-Wet oortree.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×