Bewerings dat die parlement duisende mense gaan aflê, feitlik verkeerd en ongegrond

Volgens die Parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo  is die EFF se bewerings dat die parlement duisende mense gaan aflê, feitlik verkeerd en ongegrond en het hy ontken dat daar planne is om die meerderheid van die personeel vanjaar af te lê. Dit volg na bewerings deur die EFF.  Mothapo sê die parlement het net duisend-300 werknemers. Hy sê vrywillige aftreepakkette is iets heeltemal anders as massa afleggings. Mathapo sê vrywillige pakkette is ‘n finansiële aansporing en is aangebied aan diegene wat vroeg sou wou aftree. Hy sê werknemers het die reg om die aanbod van die hand te wys.

Luister na potgooie hieronder