Die Nasionale Kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), Generaal Sehlahle Fannie Masemola, het die bewerings teen ‘n SAPD-afdelingskommissaris van die hand gewys.

Dit kom nadat sosiale media-plasings ongegronde bewerings teen luitenant-generaal Lineo Ntshiea gemaak het.

‘n Ondersoek is van stapel gestuur en die polisie kan bevestig dat Ntshiea, soos alle senior en uitvoerende bestuurders van die SAPD, aan sekuriteitstoetsprosesse onderwerp is.

Die nasionale hoof van kommunikasie, generaal-majoor Mathapelo Peters, sê die publiek word gemaan om hulle daarvan te weerhou om ongegronde stellings te maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×