Bewerings van bedrog, korrupsie en geldwassery het die Valke genoop om op die Vrystaatse departement van menslike nedersettings in Bloemfontein toe te slaan. Daar is beslag gelê op dokumente, asook ‘n verskeidenheid elektroniese toestelle.
Valke-woordvoerder, Fikiswa Matoti, sê aan SABCnews inligting is verlede maand vir kriminele ondersoek na die Valke verwys. Daar word vermoed dat sekere amptenare betrokke is by bedrieglike aansoeke om vir subsidies in aanmerking te kom.