Die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê gerugte dat die wêreldwye superster Beyoncé in April 2025 in Suid-Afrika gaan optree is nie waar nie.

Die gerugte het in Desember 2024 die rondte begin doen, wat beweer dat Beyoncé by die FNB-stadion in Johannesburg as deel van haar Act II-toer sou optree. McKenzie het egter hierdie eise van die hand gewys.

Die minister het aan The Citizen gesê ’n amptelike aankondiging sal gemaak word wanneer die superster op pad is na Suid-Afrika. McKenzie het ook laat deurskemer dat ‘n groot internasionale kunstenaar wel binnekort in Suid-Afrika gaan optree. Hy voeg by ‘n amptelike aankondiging sal volgende week gemaak word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×