‘n Ekonoom aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie het sy teleurstelling uitgespreek omdat die regering nou eers besef dat jongmense vaardighede moet aanleer.
SABC-nuus berig Mgcinazwe Zwane het gereageer op die bekendstelling van die regering se arbeidsaktiveringsprogram in Bloemfontein. Die doel van die program is om jongmense te bemagtig sodat hulle in diens geneem kan word.
Zwane sê dit is jammer dat die regering vir ‘n verkiesingsjaar gewag het om in te gryp. Hy sê die regering is lank reeds bewus daarvan dat jongmense ervaring nodig het om in diens geneem te word. Zwane het ook sy bedenkinge uitgespreek oor die langtermyn volhoubaarheid van die projek.