Bheki Cele eis swaarder strawwe vir polisiemoordenaars

President Cyril Ramaphosa sal saam met die families van vermoorde polisiebeamptes  vanoggend by die SAPD-gedenkterrein by die Uniegebou in Pretoria saamtrek vir die jaarlikse Suid-Afrikaanse Polisiediens-herdenkingsdag. Hulde sal gebring word aan lede van die polisiediens wat tussen April verlede jaar en Maart vanjaar dood is in die uitvoering van hul pligte. Die geleentheid sal regstreeks op sosiale media-platforms gestroom word. Intussen het die minister van polisie, Bheki Cele, swaarder strawwe geëis vir polisiemoordenaars.  Die vakbond POPCRU, het die afgelope week ook sy woede en kommer uitgespreek oor die vlaag moorde op polisiebeamptes die afgelope tyd.  Maroela media het vroeër berig dat 38 polisiebeamptes  in agt maande dood is gedurende die uitvoer van hulle pligte.

 

Luister na potgooie hieronder