Bheki Cele, Die minister van Polisie, het beamptes weer herinner dat hulle nie moet huiwer hom hulself te verdedig indien hul lewens in gevaar is nie. Cele het hierdie uitlating gemaak op die begrafnis van sersant Sibongiseni Khoza, wat verlede maand by Sumdumbili in KwaZulu-Natal doodgeskiet is. Khoza en twee kollegas was besig met ‘n ondersoek toe hy noodlottig gewond is. Cele sê polisiebeamptes moet alle beskikbare hulpbronne gebruik om hulleself te beskerm. Hy sê misdadigers wat die polisie teiken, moet weet dat hulle aan die pen sal ry.
