Minister Bheki Cele het sy voorneme om uit te tree, bekend gemaak. Cele, wie sedert Februarie 2018 as minister van polisie dien, is een van vier ANC-ministers, wat nie na die parlement sal terugkeer nie.

Die ander is Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, Thandi Modise, minister van verdediging en Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling.

Gedurende sy loopbaan het Cele onder meer diens as polisiekommissaris gedoen, totdat hy in 2011 weens bewerings van wangedrag geskors is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×