Die Amerikaanse president, Joe Biden, het sy steun toegesê aan sy vise-president, Kamala Harris, as die Demokrate se presidentskandidaat in die komende verkiesing.

Die 81-jarige Biden het gisteraand as kandidaat onttrek en sy besluit in ‘n brief op die sosiale mediaplatform – X – bekend gemaak. Hy sê hoewel hy hom aanvanklik beskikbaar gestel het om herkies te word, is dit tans in die beste belang van sy party én Amerika dat hy opsy staan en fokus op sy laaste maande as president.

LEES MEER: Biden onttrek aan die presidensiële verkiesing

Biden was die afgelope weke toenemend onder druk om as kandidaat te onttrek, nadat hy in sy eerste debat teen die Republikeinse kandidaat, Donald Trump, swak gevaar, en met tye broos voorgekom het. Amerikaners stem in November vir ‘n nuwe president.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×