Die Amerikaanse president, Joe Biden, het homself aan die presinensiële verkiesing ontrek.
Hy het amptelik sy herverkiesingsveldtog beëindig en vir vise-president, Kamala Harris, onderskryf om hom op te volg as die Demokratiese kandidaat. Dit word gesien as ‘n buitengewone besluit wat ‘n reeds dramatiese wedloop vir die Withuis weereens omver gooi.
BBC berig die 81-jarige Biden het in ‘n skriftelike verklaring gesê dit is die “grootste eer” om Amerika te dien, maar sy onttrekking was in die beste belang van sy party en die land.
Die aankondiging is amper die kersie op die koek gedurende ‘n onstuimige tydperk in die Amerikaanse politiek – wat begin het met Biden se soms onsamehangende debat-sessie teen Donald Trump op 27 Junie. Biden sê hy sal president bly tot Januarie.
Intussen het die 59-jarige Harris gesê dat sy geëerd is om onderskryf te word, en bygevoeg dat sy hierdie nominasie sal verdien en wen en die land teen Trump sal verenig.
Amerikaners stem in November vir ‘n nuwe president.
1 Comment
Comments are closed.