Slegs Rusland het buite stemming gebly, toe die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad ‘n resolusie aanvaar het, vir ‘n wapenstilstand tussen Israel en Hamas in die Gasastrook. Veertien uit 15 lede van die Veiligheidsraad het ten gunste van die driefase-stilstandsplan gestem, soos uiteengesit in ‘n voorstel van president Joe Biden van Amerika.

Reuters berig die resolusie sluit ook in, dat Isreal reeds tot die ooreenkoms toegestem het. Hamas verwelkom die Veiligheidsraad se besluit, en sê luidens ‘n verklaring hy is gereed om met bemiddelaars saam te werk, om die ooreenkoms te implementeer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×