Na ‘n historiese tweede Oscar-oorwinning en twee GRAMMY-toekennings vir Billie Eilish se bydrae tot Greta Gerwig se langfilm Barbie, ‘What Was I Made For?’, het sy ook haar derde vollengte album, ‘Hit me hard and soft’ vrygestel.
Primedia berig met vrystelling het die album tot nommer een in 138 lande wêreldwyd op Apple Music se alle-genres-ranglys geskiet.
Benewens die feit dat Eilish vanjaar vir nog sewe GRAMMY-toekennings genomineer is – insluitend Rekord van die Jaar, Album van die Jaar en Liedjie van die Jaar – is Eilish ook die eerste persoon wat twee keer die Apple Musiekkunstenaar van die Jaar-eerbewyse verwerf het. Sy het haar eerste toekenning in 2019 gewen.