Die departement van Binnelandse Sake het aangekondig dat sy kantore van vandag af vir vyf ure op Saterdae oop sal wees, met die oog op die verkiesing op 29 Mei. Dit sal die publiek ekstra kans gee om identiteitsdokumente af te haal.
Die departement sal ook nuwe aansoeke hanteer en tydelike identiteitsdokumente uitreik. Dié reëling sal van krag wees tot 25 Mei, met die uitsondering van Saterdag 27 April. Die woordvoerder, Siya Qoza, sê ander kwessies waarop die departement sal fokus sluit in die wysiging aan en regstelling van individue se dokumentasie.