Die Departement van Binnelandse Sake het sy digitale identiteitsverifikasiestelsel verbeter.
Die regering sê in ’n mediaverklaring dat die stelsel, wat biometriese kenmerke soos vingerafdrukke en gesigsherkenning identifiseer, Maandag geimplimenteer is.
Volgens The Citizen het Minister Leon Schreiber vroeër belowe dat ‘n modernisering en stroomlynproses verwag kan word.
Digitale identiteitsverifikasie word deur die Departement van Binnelandse Sake en President Cyril Ramaphosa as die hoeksteen van doeltreffende regeringsdienste beskou.
Die opgedateerde stelsel sal vir beide private kliënte en regeringsdepartemente, insluitend Nasionale Tesourie en Sassa, beskikbaar wees.
Private finansiële diensverskaffers kan die nasionale bevolkingregister gebruik om dokumente te verifieer.
Die nuwe biometriese stelsel sal vingerafdrukke en gesigsherkenning aan ‘n wye netwerk koppel .
Die Departement van Binnelandse Sake meen hierdie belegging is noodsaaklik om dienslewering te verbeter en wagtye te verminder.