Die departement van Binnelandse Sake sal komende Saterdag verskeie dienste aan die publiek lewer om Mandela maand te herdenk. Die departement het in ‘n verklaring gesê die volgende dienste sal gelewer word, aansoeke vir ID kaarte, die afhaal van ID kaarte en die afhaal van paspoorte. Die kantoor open om half nege.
