Die Departement van Binnelandse Sake sal sy werksure verleng om die afhaal van identiteitsdokumente te versnel voor die kiesersregistrasienaweek. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het aangekondig dat die kiesersregistrasienaweek vir die 2024-verkiesing op 18 November sal afskop. Die departement open hierdie Saterdag en volgende naweek sy kantore. Hulle sal oop wees van agtuur die oggend tot eenuur die middag. Die departement doen ‘n beroep op almal wat hul ID’s moet afhaal, om na die naaste kantore van Binnelandse Sake te gaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×