Die groot agterstand van ID-aansoeke is volgens Leon Schreiber, die minister van Binnelandse Sake, uit die weg geruim. Die agterstand het op net onder 250-duisend begin en sedert November verlede jaar opgehoop. Hy sê hy is vasbeslote om Binnelandse Sake te hervorm tot ‘n doeltreffende, wêreldklas organisasie wat waardigheid vir almal lewer.

error: Inhoud is beskerm !!