Die departement van binnelandse sake sê hy het die afgelope vyf boekjare nagenoeg 38 000 werksure weens beurtkrag verloor.
Hierdie astronomiese verlies is gelykstaande aan 950 werksweke van 40 ure elk. Minister Aaron Motsoaledi, sê die Oos-Kaap het die meeste werksure verloor, gevolg deur Mpumalanga en Gauteng.
DA-LP, Christopher Roos, sê dit is uiters kommerwekkend dat die departement soveel ure aan beurtkrag moes afstaan. Dit is ‘n direkte aanslag op dienslewering en produktiwiteit.