‘n Biokinetikus van Gqeberha, Riana Pretorius, wat meer as ‘n week gelede ontvoer is, is Vrydag ongedeerd gevind. Netwerk24 berig ‘n familievriend het aan hulle gesê dat die familie baie verlig is dat die beproewing verby is. Pretorius is op 16 Maart voor ‘n mediese sentrum in Newtonpark ontvoer. Die Valke het 2 mans in hegtenis geneem en ook bevestig dat ‘n losprys van R2-miljoen geëis is vir haar vrylating. Nadere inligting is nog nie bekend nie net dat ‘n spesiale taakmag ingeroep is. Talle mense het op sosiale media hul verligting uitgespreek omdat Pretorius ongedeerd is. Meer as 200mense onder wie vriende en familie het die afgelope Sondag voor die mediee sentrum waar sy ontvoer is gebid.
