Bitcoin het die week ‘n rekordvlak van meer as 71-duisend-dollar bereik. Die bitcoin was skaars ‘n paar sent werd in 2009. In 2011 het ‘n bitcoin slegs een dollar gekos. Netwerk 24 berig daar is sedert gister se rekordstyging nog geen teken dat die lopie in die prys van die wêreld se grootste kripto-geldeenheid oor is nie.

Brittanje het intussen die nuutste reguleerder geword wat die pad gelykmaak vir die verhandeling van digitale bates nadat die Londonse Aandelebeurs nou beursverhandelde notas vir kripto bekend mag stel. Bitcoin het in Europa met 4,8% gestyg tot ‘n rekordprys van $71 677 wat ‘n 70% styging vir vanjaar meebring. Een bitcoin is meer as een-komma-drie-miljoen rand werd volgens gister se wisselkoers.  

error: Inhoud is beskerm !!