Dis Black Friday-inkopie dag en mense het reeds van vroeg af begin om die winkels te bestorm vir spesiale aanbiedinge. Die 23-jarige Caitlyn Stewart van Johannesburg het haar aankope vanoggend by die Crocs-winkel in die Cresta-sentrum in Randburg begin. Sy het aan Netwerk 24 gesê sy beplan om ‘n jibbitz te koop om op haar crocs te sit en vyf pare crocs te koop. Die winkel gee 50% afslag as kopers vyf pare aankoop. Stewart het gesê sy lewe in crocs wat sy kan dit by enige iets dra maak nie saak wat die seisoen is nie. Sy gaan die Crocs vir haar hele familie koop. ‘n Paar gewone Crocs kos sowat R750. In Bloemfontein het talle mense die afgelope week al begin om hulle koskaste te vul met spesiale aanbiedinge op kruideniersware. Van die gewildste items is langlewe melk en witgoud, of te wel toiletpapier, het een Bloemfonteiner gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×