Black Sash sê miljoene mense sal geraak word wanneer die regering die spesiale covid-19 toelaag aan die einde van die maand staak

Die burgerlike organisasie, die Black Sash sê miljoene mense sal geraak word wanneer die regering die spesiale covid-19 toelaag aan die einde van die maand staak.

Die woordvoerder, Esley Philander, sê hulle het ‘n dringende vergadering met die Presidensie, die Tesourrie en die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling aangevra. Volgens Philander was die toelaag klein, maar het miljoene mense in staat gestel om kos te hê te midde van werksverliese, en die ekonomiese en maatskaplike uitwerking wat die inperking gehad het. Philander sê deur dié toelaag te staak, sal miljoene mense weerloos gelaat word.

Luister na potgooie hieronder