Die departement van ekonomiese kleinsake-ontwikkeling, toerisme en omgewingsake, of Destea, het groot planne vir die Vrystaatse goudveld.
Destea het as deel van sy strategie om beleggers hierheen te lok, samesprekings met die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit gevoer.
Volgens Thabo Meeko, LUR van Destea, het die byeenkoms ten doel gehad om te bepaal hoe om beleggers na die streek – wat Welkom, Virginia, Odendaalsrus en Allanridge insluit – te lok.
Die opknapping van die Phakisa-renbaan was onder meer op die agenda.
Meeko het beklemtoon dat die herlewing van Phakisa werksgeleenthede in die gebied sal skep.
Oor die verwaarloosde Welkom-lughawe, is besluit dat beleggers genader moet word om dit in ‘n vrag-lughawe te omskep.
Bly ingeskakel wanneer Meeko later vanoggend meer verklap oor die blink planne wat Destea vir die streek se ekonomiese welvaart in die mou voer.