Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, spreek die hoop uit dat Hamas wel Israel se jongste voorwaardes vir ‘n wapenstilstand, asook sy voorgestelde gyselaarsvrylatingsplan sal aanvaar. Blinken beskryf Israel se voorstelle as uiters vrygewig.
Dit behels onder meer ‘n wapenstilstand van 40 dae, in ruil vir die vrylating van gyselaars. Die moontlikheid bestaan ook dat ontheemde gesinne met familielede in die noorde van Gasa herenig kan word.