Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Anthony Blinken, het tydens sy 48 ure lange besoek aan vier state ook met Abdel Fattah al-Sisi van Egipte vergader in die hoop om ‘n skietstilstand in die Gaza-oorlog te bewerkstellig. Reuters berig Israel het intussen sy aanslag op die suide van die enklave versterk en maak daarop aanspraak dat sy magte tientalle gewapende Palestyne oor Gaza heen om die lewe gebring het.
Blinken was ook in Saoedi-Arabië en Katar vir vergaderings met hooflande wat as bemiddelaars optree. Die Palestyne hoop intussen dat Blinken se reis sal uitloop op ‘n wapenstilstand voordat Israel die suidelike grensgebiede van Gaza bestorm. Daar was teen gister nog geen aanduiding of vordering gemaak is met Blinken se samesprekings nie. Hamas bly by sy standpunt dat geen gyselaars vrygelaat sal word tensy die oorlog eindig en Israelse magte Gaza verlaat nie.