Sowat 800-duisend mense in ‘n Soedanse stad is in onmiddellike gevaar terwyl geweld vererger en dreig om bloedige interkommunale onmin deur die stad te ontketen. So het amptenare van die Verenigde Nasies, of VN, sy Veiligheidsraad Vrydag gewaarsku. Die oorlog het ‘n jaar gelede in Soedan begin tussen die Soedanse weermag, of SAF, en die paramilitêre Rapid Support Forces, of RSF.
Die wêreld se grootste ontwortelingskrisis het daarna ontstaan. Rosemary DiCarlo, hoof van die VN se politieke sake, het aan die Veilgheidsraad gesê die gevegte tussen die RSF-magte en lede van die gesamentlike veiligheidsmagte wat SAF steun, beweeg al hoe nader aan El Fasher, die hoofstad van Noord Darfoer.