Alhoewel Bloemfontein DBV ‘n wen vir die beskerming van diere vier, is hulle ook teleurgesteld oor ‘n Brandfort landdroshof se uitspraak.

Hulle het die week, met die hulp van die SAPD, ‘n man wat onwettig skilpaaie in die Waterbron area in Bloemfontein verkoop, in hegtenis geneem. Dit terwyl twee verdagtes wat ‘n aardvark gejag en daarna wreed dood gemaak het, skuldig gepleit het en elk ‘n boete van slegs R50 elk opgelê is.

Volgens Werner Botha, ‘n inspekteur by die Bloemfontein DBV, is hierdie diere langs renosters op die lys van bedreigde spesies geplaas en is hy van mening dat die vonnis glad nie by die misdaad pas nie. Hy het bygevoeg dat die lewens van die bedreidge diere nie slegs R50 werd is nie en dat die DBV navraag gaan doen na of daar ‘n moontlikheid is dat die vonnis verhoog kan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×