‘n Laerskoolonderwyser van Bloemfontein is ná ongeveer ses jaar van alle blaam onthef nadat sy tydelik uit haar pos geskors is. Die skorsing het gevolg nadat sy na bewering rassisties-neerhalende taal teenoor ‘n leerling gebruik het. Die Volksblad berig voorts die raad op arbeidsverhoudinge in die onderwys het vroeër bevind dit was onbillike arbeidspraktyk van die Vrystaatse onderwysdepartement om Tertia du Toit in September 2016 uit haar pos te skors. Sewe maande se salaris is ook aan Du Toit toegeken en dit moet binne 14 dae van die uitspraakdatum aan haar uitbetaal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×