Sanco se massa-uitnodiging aan lede van die gemeenskap om môreoggend in Batho byeen te kom, is glo een van die redes waarom die polisie nou op die hoogste moontlike grondslag van gereedheid geplaas is.
‘n Uiters betroubare bron het ‘n kort rukkie gelede aan Rosestad-nuus gesê, “It is confirmed, the police has officially been put on high alert.” Hy sê een van die grootste uitdagings is dat niemand weet wat om te verwag nie. Die hooggeregshof in Bloemfontein het vanoggend Sanco se aansoek om ‘n tussentydse uitsettingsbevel teen onwettige grondbesetters in Lourierpark te betwis, van die hand gewys.
Sekere mense wie se woonstrukture sedert Vrydag deur die Rooimiere afgebreek is, het vroeër vandag saam met lede van Sanco voor die hof saamgedrom. Die uitnodiging vir die massa-byeenkoms het gevolg nadat die groep van meer as ‘n honderd betogers by die hooggeregshof weg is.