Die DA in Bloemfontein stel inwoners in kennis dat waterbeperkings tans in die Mangaung Metro Munisipaliteit toegepas word. Dit is weens herstelwerk en elektriese probleme by die Maselspoort Waterwerke.

Watervoorsieningskleppe sal daagliks vanaf 18:30 tot 05:00 gesluit wees om reservoirs te hervul. Normale watervoorsiening word verwag om laat vandeesweek tot vroeg volgende week te hervat.

Inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik om sodoende te help dat voorsieningsvlakke gedurende hierdie tydperk te gehandhaaf word.

Die DA eis dringende ingryping om hierdie uitdagings op te los en te verseker dat inwoners die betroubare watervoorsiening kry wat hulle verdien.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×