Agt verdagtes is in Bloemfontein in hegtenis geneem deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaad Eenheid vir die afpersing en ontvoering van slagoffers in Botshabelo en Bloemfontein. Luidens ‘n media verklaring het die verdagtes na bewering groot bedrae geld uit die slagoffers se rekeninge onttrek.

Drie verdagtes, insluitend ‘n SAPD-werknemer, is in Botshabelo in hegtenis geneem vir afpersing, ontvoering en die voorgee dat hulle polisiebeamptes is. Vroeër is ‘n bejaarde slagoffer met ‘n besigheidsvoorstel genader. Hy is na Bloemfontein geneem en op pad deur ‘n vals polisiebeampte gestop. Hy is “gearresteer”, ontvoer na Kimberley, en gedwing om bankinligting te verskaf, waarna groot somme geld oorgedra is. 

Lieutenant-Generaal Baile Motswenyane het die gemeenskap gewaarsku om nie vreemdelinge te vertrou nie en om waaksaam te wees rondom mense wat onrealistiese beloftes maak.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×