Die 91-jarige Aletta Klopper, ma van die Klopper-sakemanne, wat meer as ‘n halfeeu reeds sake in Bloemfontein en ook elders in die land doen, is Vrydagnag in haar slaap oorlede.
Haar seuns het gesê Aletta, wie as Skat bekend gestaan het, het in haar slaap in haar huis in die Sewe Damme-aftreeoord in Bloemfontein heengegaan.
Volgens die seuns was sy ‘n ware skat wat altyd haar noemnaam met warmte gestand gedoen.
Hulle is dankbaar vir die liefde en sorg waarmee sy hulle grootgemaak het.
Haar eggenoot, wyle Willem Klopper, het die Kloppers-afdelingswinkel in 1967 in Bloemfontein begin.
Ses seuns, Willem, Steva, Leon, die tweeling Anton en Wouter en Dirk is uit die huwelik gebore.
Rosestad 100.6FM se trustees, bestuur en personeel betuig innige meegevoel met die Klopper-familie, wat deur die jare ook deel van die Rosestad-familie geword het.