Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, of Naln, is vanjaar ‘n halfeeu oud.

Hierdie eiesoortige skatkamer in Bloemfontein wy hom aan die behoud en bevordering van die Afrikaanse woordkuns toe.

Die museum se kurator, Wyno Symes, het gesê hierdie mylpaal word deur die loop van die jaar met boekbekendstellings en ander geleenthede gevier.

Volgens Simes sluit hoogtepunte in Maart die feesrede, die bekendstelling van die Volksblad-redakteurskamer en ’n inligtingsessie oor Naln se geskiedenis in.

Professor Bernard Odendaal, oudhoof van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit, lewer die feesrede op Donderdag 9 Maart terwyl Leana Lategan, voormalige hoofvakkundige beampte van Naln, op Saterdag 11 Maart oor die geskiedenis van Naln praat.

Kontak Annelien Diedericks by annelien.naln@gmail.com vir die volledige program en vir meer inligting.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×