‘n Bloemfonteinse vrou is nou een van net twee hoofinspekteurs van die Dierebeskermingsvereniging van Suid-Afrika.

Die Volksblad berig voorts die 53-jarige Reinet Meyer was tot dusver senior inspekteur van die Bloemfonteinse DBV maar kan nou op die titel van hoofinspekteur aanspraak maak nadat sy ‘n strawwe kursus en 12 take moes voltooi.

Sy het die erkenning ook verwerf op grond van jare van uiterste toewyding en werk by die Bloemfonteinse DBV oor ‘n tydperk van 32 jaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×