Bloemfontein gaan volgens die uitvoerende burgemeester van die Mangaung-metro, die tweede munisipale gebied in die land, naas Beaufort-Wes, word wat onafhanklik van Eskom raak deur vir gas te boor. Netwerk24 berig voorts Mxolisi Ziyonzana het die oë glo laat rek toe hy hierdie aankondiging op die onlangse begrotingsvergadering van die metro gemaak het. Volgens Siyonzana wys studies en navorsing dat hier baie gas is en dat dit baie goedkoper vir verbruikers kan wees as elektrisiteit wat by die dag duurder word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×