Die nuutverkose burgemeester van die Mangaung metro, Gregory Nthatisi, wil weer die Rosestad laat herleef. Nthatisi, wat eers waargeneem het as burgemeester na talle woelinge in die metro-raad, het tydens ‘n media-konferensie aan Netwerk 24 gesê hy wil die stad weer silwerskoon maak, dit moet oral groen wees en die Rosefees moet weer herleef. Nthatisi het gesê hy werk op nasionale regeringsvlak saam om te keer dat onwettige immigrasie plaasvind en om onwettige immigrante terug in hulle lande te kry. Hy wil voorts ook die dwelmprobleem in die stad aanspreek en daarvoor is ‘n metropolisie-diens nodig. Daar gaan ook weer begin word om verkeersboetes uit te skryf wat ‘n inkomste vir die munisipaliteit is. Waterprojekte is ‘n verdere prioriteit met die beplanning vir die vergroting van die Maselspoort watersuiweringsaanleg en ‘n groter reservoir vir Pellisier waar gereeld inwoners gebuk gaan onder wateronderbrekings.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×