Die aarde is ongelooflik veerkragtig, en ’n groen toekoms is binne ons bereik – maar verandering is noodsaaklik. Volgens ’n berig op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se webwerf speel die Green Futures Hub, onder leiding van prof. Wayne Truter, ’n sleutelrol hierin.
Met meer as 25 jaar se ervaring in landbou- en omgewingswetenskappe fokus Truter op grondherstel, veral in mynbou-areas.
Bloemfonteiners kan trots wees op dié platform wat akademiese navorsing en die industrie verbind om praktiese oplossings vir uitdagings soos volhoubare landbou en omgewingsherstel te bied.
Prof. Truter som op dat hulle wil wys dat navorsing praktiese waarde het.
Die hub bied ’n unieke kans vir plaaslike gemeenskappe en besighede om saam te werk aan innoverende oplossings wat ekonomiese groei en omgewingsvolhoubaarheid bevorder.