Verskeie besighede wat voorheen ArcelorMittal staal gebruik het vir hul besigheid, is reeds vir die verandering voorbereid.
News24 berig dat ArcelorMittal moontlik aan die einde van die maand gaan sluit. Dit sal 3 500 werknemers direk raak, met ‘n voorspelde impak op 100 000 werksgeleenthede wat in die gedrang is.
In Bloemfontein is die impak reeds afgeweer, waar plaaslike besighede ander verskaffers gebruik.
Reinforcing Steel Contractors se Ernst Volschenk sê aan Rosestad-nuus dat die impak op die produkte reeks wat hulle in Bloemfontein verskaf, reeds verwerk is en nie kliënte negatief sal beïnvloed nie.
Macsteel stel Bloemfontein met dieselfde boodskap gerus.
1 Comment
Comments are closed.