Dwelms wat glo vir leerders en studente, in Bloemfontein bedoel was, is deur die polisie onderskep. Volgens ‘n mediaverklaring van polisiewoordvoerder, Thabo Covane, het die Mangaung Metro se taktiese reaksiespan inlingting van ‘n dwelmhandelaar in die White Flats in Brandwag ontvang.

Met die deursoek van die woonstel het die polisie verpakte dagga, met ‘n geskatte straatwaarde van omtrent R1,5 miljoen,  ‘n 9mm postool en ook lewendige ammunisie gekonfiskeer. Volgens Covane was die dwelms glo bedoel vir skole in onderandere Harris- en Victoriastrate.

Vier verdagtes, oorspronklik van Bloemfontein, Botshabelo en Thaba Nchu, is in hegtenis geneem. Daar is ‘n saak van dwelmhandel by die Parkweg-polisiestasie geopen en die verdagtes sal in aanhouding bly totdat hulle indie Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×