Al 214 leerders van die Kagisho Sekondêre Skool in Bloemfontein, wat deur die vermoedelike voedselvergiftigingsvoorval geraak is, is behandel en ontslaan.

Rosestad-nuus het vroeër berig die voorval het tydens ’n matriek-studiekamp plaasgevind. Volgens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Gesondheid het verskeie leerders die naweek simptome van voedselvergiftiging begin ervaar, en is Maandag na plaaslike gesondheidsfasiliteite, soos die Pelonomi Noodafdeling, geneem.

Die departement het in hul jongste mediaverklaring hul dank betuig aan die toegewyde personeel wat die voorval met deernis bestuur het, asook aan die onderwysers wat emosionele ondersteuning aan die leerders gebied het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×