’n Bloemfontein-man wat glo betrokke was by ’n hoëvlak-afpersingsaak oor diamante is in hegtenis geneem.
In ‘n polisieverklaring word gesê dat die verdagte glo ’n groot bedrag geld van die klaer afgepers het onder die valse voorwendsel dat hy ’n polisiebeampte is.
Die klaer is deur ’n gemerkte polisiebakkie genader.
Die “beamptes” het diamante ter waarde van R4-miljoen by hom gevind en hom in hegtenis geneem vir die onwettige besit van diamante.
Hulle het hom na die Kimberley-polisiekantoor geneem, maar het vereis dat hy ’n groot bedrag betaal om vrygelaat te word.
’n Samewerkende operasie tussen die klaer se familie en die Bayswater-polisie het gelei tot die arrestasie van een van die verdagtes in Bloemfontein.