‘n Onderwyser van die Hoërskool Sentraal het bedank nadat dit op die lappe gekom het dat hy na bewering betaal het vir seksueel eksplisiete foto’s van leerlinge van die skool. Netwerk 24 berig die onderwyser is eers deur die hoof van die skool, Charles Liversage, met die bewerings gekonfronteer en toe geskors. Die onderwyser het glo aan die begin van die derde kwartaal in minstens vier voorvalle kontant aangebied vir seksueel eksplisiete foto’s. Hy het glo ook foto’s aan die meisies gestuur. ‘n Strafregtelike klagte is verlede week deur een van die leerlinge se ouers teen die onderwyser aanhangig gemaak. Kaptein Loraine Earl, woordvoerder van die polisie het die klagte bevestig. Die polisie ondersoek aanklagte van seksuele gereedmaking, die besit van kinderpornografie en die aanhitsing om ‘n misdaad te pleeg. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×