’n Man is skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy 13-jarige niggie in Rocklands, Bloemfontein.

Volgens ’n polisieverklaring het die voorval in Maart verlede jaar plaasgevind toe die man die meisie se kamer binnegegaan en haar verkrag het.

Sy het die misdaad aan haar broer vertel, wat dit aan hul tannie gerapporteer het.

Die saak is by die Kagisanong-polisiestasie aangemeld en die verdagte is later in hegtenis geneem.

Die werk van die ondersoekbeamptes, onder leiding van die Nasionale Vervolgingsgesag se advokaat Azola Key, en die samewerking van die familie, het onlangs gelei tot ’n suksesvolle vervolging.

Die beskuldigde is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir verkragting.

error: Inhoud is beskerm !!