Bloemfontein Polisie trek drie vas vir kaping van vragmotor

Beamptes van die Parkweg-polisiekantoor het drie verdagtes op die M30, onder wie ‘n polisieklerk, aangekeer in verband met die kaping van ‘n vragmotor net buite Bloemfontein.  Volgens Netwerk24 is inligting aan alle patrollies uitgestuur om op die uitkyk te wees vir ‘n Wit Toyota-Dyna.  Volgens die eienaar van die vragmotor,‘n Buitelander, is hy in die kattebak van die rowers se motor geboender en op ‘n onbekende plek afgegooi.  Die 43-jarige klerk en twee dertigjarige mans is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die polisie ondersoek ‘n saak van kaping, gewapende roof en ontvoering.

Luister na potgooie hieronder