Die burgemeester van die Mangaung-metro, Gregory Nthatisi, het Bloemfonteiners en kerke van alle denominansies gevra om jaarliks op 16 Desember bymekaar te kom en vir die stad en sy mense te bid. Nthatisi het aan Netwerk 24 gesê hy wil vanjaar daarmee begin maar die predikante en priesters van die stad moet die projek lei. Die metro sal die nodige steun daarvoor gee. Nthatisi wil graag vanjaar die eerste byeenkoms op Versoeningsdag in die Binnenshuise sportsentrum by die Dr Petrus Molemela-stadion in Rocklands begin. Sowat 5-duisend mense kan in die saal bymekaarkom. Hy het gesê wanneer die geleentheid groter word, kan dit in die Toyota-rugbystadion gehou word. Die Vrystaatse rugby-unie sal daarby betrek word. Nthatisisi het gesê mense van regoor die land moet weet Bloemfonteiners bid vir mekaar oor alle kleurgrense heen.  

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×