Bloemfontein se geliefde Tannie Mossie, oftewel Joan Abrahams, is in die hospitaal opgeneem nadat sy ‘n beroerte by haar huis gehad het. Netwerk24 berig sy is bekend vir die eertydse een-sent-stuk met twee mossies op wat sy saam met ‘n Bybelversie as bemoediging gegee het aan soldate wat in die destydse Grensoorlog gaan veg het. Barbara Steenkamp, woordvoerder van die Mediclinic in Bloemfontein, het Donderdagmiddag gesê Abrahams is stabiel, maar siek. Sy is nie op ventilasie of verdowing nie en ondergaan verdere mediese toetse in die waakeenheid. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het die 81-jarige Abrahams in April verlede jaar vereer vir die bevordering van die Afrikaanse kultuur en geskiedenis in die gemeenskap.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×