Die vinnige hittegolf wat Bloemfontein onverwags getref het, net na die winter, is verby.

Alhoewel dit hoegenaamd nie die laaste hitte van die somer gaan wees nie, waarsku die Suid-Afrikaanse Weerdiens dat inwoners steeds voorsorgmaatreëls moet tref.

Die voorsorgmaatreëls sluit in om direkte sonblootstelling te vermy, gehidreer te bly, buitelugaktiwiteite te beperk, skaduwee te soek wanneer jy buite is, ligte klere te dra, en om nooit kinders of troeteldiere in ‘n voertuig te los nie.

Die Mangaung Metro Munisipaliteit vra ook inwoners om die brandweer of ambulansdienste te kontak in geval van nood.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×