Die Vrystaat Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling het ‘n een-week inwerk- en oriëntasieprogram georganiseer vir 120 werklose nuwe gegradueerdes.
Volgens die departement se sosiale media-plasing is die geleentheid by die Glen Landboukollege aangebied.
Die Algemene Bestuurder vir Distrikdienste en Boerderyondersteuning het die doelwitte en verwagte uitkomste van die program verduidelik.
Sy het aangedui dat die 120 werklose gegradueerdes oor die provinsie versprei sal word om ondervinding op kommersiële en kleinskaalse plase op te doen.
Dit sal in areas soos produksie, boerderybestuur en entrepreneurskap gebeur.
Die terugvoer op die plasing is gemeng, met vorige gegradueerdes wat steeds werkloos is en bekommerd is dat die kollege se studies hulle nie voorberei om werk te kry nie.